Meneer van ‘n kobra gevang
Ander kobras, soos die Spoegkobra, is redelik algemeen in Lydenburg.

LYDENBURG – Plaaslike reptielkenner, mnr. Neels Bothma, is Sondagaand uitgeroep om ‘n slang by ‘n plaashuis ongeveer 20km uit Lydenburg op die Ohrigstadpad te vang.
Sy verbasing was egter groot toe hy sy nuutste “vangs” sien. “Die slang is toe ‘n Snoetneus kobra (Snouted cobra) of Naja annulifera binne in die woonhuis. Dis die eerste van dié spesie vir die jaar. Hulle is skaars in die area. Ander kobras, soos die Spoegkobra, is redelik algemeen in Lydenburg. Nagadders word die meeste gevang en verwyder. Pofadders is minder en Boomslange nog minder, maar word tog gevind. Rinkhalse word meer suid van Lydenburg gevind, en is skaarser in ons dorp.”
Lees meer in Vrydag se uitgawe.
