Gewilde Sakegids vir 2015 nou beskikbaar
Lydenburg/Mashishing se nuwe Sakegids is op Dinsdag 24 Maart tydens die jaarlikse algemene jaarvergadering van Lydenburg/Mashishing bekendgestel.
LYDENBURG – Lydenburg/Mashishing se nuwe Sakegids is op Dinsdag 24 Maart tydens die jaarlikse algemene jaarvergadering van Lydenburg/Mashishing bekendgestel.
Omdat die jaarlikse gids so gewild geword het, is daar besluit om vanjaar 8 000 eksemplare te druk – 3 000 meer as die vorige drie jaar. Die boek, wat as “geelbladsye” vir die omgewing gebruik word, word gratis by myne en nywerhede en alle ondernemings in die dorp versprei.
Gerda Whitehorn, redakteur van die gids, sê besighede wat in die Sakegids adverteer, sê daarmee dat hulle deel van die dorp wil wees. “Ons wil almal wat die jaarlikse poging ondersteun, van harte bedank.
Marietjie Bezuidenhout, die uitlegkunstenaar het haarself vanjaar oortref met ‘n dikker uitgawe en nuwe bygewerkte kaarte van Lydenburg, Steelpoort en Burgersfort. En natuurlik, Des Jacobs se pragfoto van ons omgewing op die voorblad maak van die boek ‘n spogstuk.”
Daar word ook belan om ‘n A2-kaart van die dorp uit te reik. Meer besonderhede hieroor sal later verskyn. Vir meer inligting oor hoe om sakegidse in die hande te kry, skakel Gerda Whitehorn by 079-515-7799 of gerda.whitehorn@pamgolding.co.za of Charlene Coetzee by 078-384-0330 of info@aquaterragh.com
