Editor's choiceNewsNews

Grafsteen maak grondeis verdag

Twee grafte op twee aangrensende plase is ook vreemd. Die grafstene dui ook ouderdomme van 168 en 112 jaar aan.

LYDENBURG – Asof ‘n grondeis nie genoeg rede tot kommer is nie, blyk daar nou verskeie ongerymdhede te wees rondom ‘n eis op die plaas Modderspruit buite Lydenburg.

‘n Eis vir dié grond is in 2008 by die grondeisekommissie ingedien waarin die Bakoti-stam glo aanspraak maak op die plaas. Mnr. Jaco du Preez vertel dat hulle plaas tans die enigste een in die omgewing is wat nog nie deur eisers opgeëis is nie. Druk word nou op hom toegepas, soveel so, dat Du Preez sy plaashuis noodgedwonge moes verlaat.

Wat hom laat kopkrap oor die geldigheid van die eis, is ‘n grafsteen wat drie jaar gelede deur die eisers op ‘n graf aangebring is. Dis die graf van ene Elija Bhuzani Masilela wat daar begrawe is. Hy is glo in 1814 gebore en het in 1968 gesterf. Masilela was ‘n rype 154 jaar oud voor hy glo daar begrawe is. Vreemder, is die feit dat die oorspronlike grafsteen langs die nuwe een ontdek is toe die koerant en Du Preez besoek afgelê het by die Metusalag van Modderspruit.

Dié oorspronklike dui aan dat Masilela wel in 1968 gesterf het, maar daar is geen geboortedatum nie. “My ouers het die plaas 39 jaar terug gekoop. My oupagrootjie het die aangrensende Boschfontein plaas nommer 1064 in 1858 by die destydse ZuidAfrikaanse Republiek vir een pond tien sjielings gekoop.” Sy oupagrootjie van die Broekmanfamilie, het dus die plaas 157 jaar gelede gekoop (sien afskrif van die akte onder).

IMG_0734

 

Dit blyk die grafsteen is opgerig om te “bewys” dat Masilela al voor 1858 op die plaas was, met ander woorde 154 jaar – drie jaar voor Broekman die plaas gekoop het. Sy oupagrootjie se plaas is ook in 2008 deur grondeise opgeraap. “Modderspruit is teen R2,6 miljoen gewaardeer , maar hulle is net bereid om R1,8 miljoen te betaal. Die eis op Modderfontein het dieselfde jaar plaasgevind toe Du Preez se oupagrootjie se plaas onteien is. Die eisers is die families Masilela, Moya en Nkonbeni wat deel vorm van die Bakoni Trust.

Twee grafte op twee aangrensende plase is ook vreemd. Die grafstene dui ook ouderdomme van 168 en 112 jaar aan. Een van dié grafstene is op Du Preez se oupagrootjie se plaas, Boschfontein, opgerig. Ene Martha Makhota Tshehla het wonder bo Leier van Front Nasionaal, mnr. Hannes Engelbrecht en mnr. Jaco du Preez by die grafsteen van Masilela wat glo 154 jaar oud was en op die plaas begrawe is. Narda Vermaak Grafsteen maak grondeis verdag wonder 168 jaar oud geword. Sy is glo in 1811 gebore en is in 1979 dood.

Du Preez se voorouers is ook in die begraafplaas begrawe. Daar is geen eisnommer op die eisvorm nie en die koerant het geen basis vir navrae gehad behalwe die trust se naam, die eisers se vanne en die plaasnaam nie. Steelburger/Lydenburg Nuus het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming in Mbombela wat dié eis hanteer, genader om te verneem waarom daar nie ‘n eisnommer op die dokumente verskyn nie, en of hulle enigsins bewyse het, hetsy ‘n geboorte- of doodsertifikaat, dat Masilela wel 154 jaar oud was en hoe klinklaar die nuwe grafstene is. Foto’s van die grafte is aangeheg.

IMG_7029

 

Mnr. Zithini Dlamini van die departement het ontvangs van die navrae bevestig. “Die navraag is gestuur aan die hoof van die kommunikasie-eenheid, mnr. Malema Ntsime.” Geen kommentaar is teen druktyd van Ntsime ontvang nie.

Die leier van Front Nasionaal, mnr. Hannes Engelbrecht, wat talle grondeise in die gebied teenstaan, sê dat die gepeuter met die kopstuk van die Masimela-graf net een voorbeeld van duisende ongegronde grondeise is. Front Nasionaal se eis oor die spesifieke grondgebied wat strek van Ohrigstad, oor Lydenburg tot by die Nasionale Krugerwildtuin, is goed nagevors juis omdat die grond in 1846 “deur die Swazis aan die Zuid-Afrikaanse Hollandse Nasie” verkoop is.

“Navorsing dui dat dit ‘n ongerepte stuk aarde was wat weens tsetsevlieg en malaria onbewoon was. “Louis Trichard se dagboek, Langhans van Rensburg se aantekeninge, ‘n 18de eeuse Portugese ondekkingsreisiger uit Dela Goa, ‘n Zulu-aanvoerder se rapport aan Tsjaka en die geskiedenis van die Vhangona-stam soos persoonlik oorgedra deur hul koning, het alles deel uitgemaak van hierdie navorsing. Die grondgebied is in 1846 aan kommandant Burke verkoop uitsluitlik vir gebruik deur die Hollandse Suid-Afrikaanse nasie (Afrikaners) was daar slegs drie swart nedersettings binne die gebied en het hulle dit in opdrag van die Swazi-koning ontruim.”

Front Nasionaal se eie grondeis handel oor spesifieke verkoopvoorwaardes dat die bestuur van die grondgebied nooit uit die hande van die Hollandse-Suid Afrikaanse Nasie mag gaan nie, ongeag wie die regering van die dag is. “Ons staan dus ook enige grondeis binne die aangewese gebied teen.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button