MBOMBELA – “Edgar Charles Mabunda is mal. Hy moet in die tronk gaan sit en vrot vir sy sinnelose, onmenslike dade.” Me. Lydia Maroane, die ANC vroueliga se provinsiale sekretaris, het Laevelder vanmiddag in die Rondgaande Hoë Hof te woord gestaan nadat die saak teen Mabunda, wat glo sy stiefdogter vermoor en haar lyk verkrag het, weer uitgestel is.
Mabunda (31) staan tereg vir die verkragting en moord van sy minderjarige stiefdogter. Die slagoffer se ma, Mabunda se eksmeisie, het glo op 29 Julie 2013 ‘n vreemde sms ontvang. Die sms is van Mabunda se selfoon af gestuur en het gesê dat hy die kind verkrag en vermoor het. ‘n Polisie-ondersoek het tot die ontdekking van die slagoffer se liggaam in Newforest naby Thulamahashe gelei.
Sy het ‘n t-hemp aangehad en die kouse waarmee sy verwurg is, was steeds om haar nek gebind. Haar onderlyf was kaal.
Laevelder het vroeër berig dat die slagoffer na haar dood seksueel gepenetreer is.
Die saak teen Mabunda is vandag tot 8 Junie uitgestel.
Lees Vrydag se koerant vir meer.
