CrimeHard newsNewsNews

Boere geprys vir hul samewerking wat lei tot die arrestasie van drie misdadigers

Polisie in die provinsie het die boere geloof vir hul hulp en gesê dit is 'n uitstekende voorbeeld van wat dit beteken om verantwoordelike burgers van die land te wees.

PILGRIM’S REST – Die polisie het boere in die omgewing geprys vir hul flink optrede nadat hulle, in samewerking met die SAPD, daarin geslaag het om drie misdadigers vas te trek.

Mnr. Tumelo Chiloane (25), mnr. Elias Magashe (29) en mnr. Tshepo Mokoena (30) het Maandag in die Graskop Landdroshof verskyn nadat hulle ‘n winkeleienaar, mnr. Falak Sher (34), Vrydag glo in die maag geskiet en sy winkel beroof het.

Laevelder het in Dinsdag se uitgawe oor die voorval berig. Polisie in die provinsie het die boere geloof vir hul hulp en gesê dit is ‘n uitstekende voorbeeld van wat dit beteken om verantwoordelike burgers van die land te wees.

Die verdagtes is steeds in aanhouding en sal op 14 Mei weer in die hof verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van besigheidsroof, poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, het brig. Selvy Mohlala, provinsiale kommunikasiewoordvoeder, bevestig.

Volgens Mohlala is al die gesteelde goedere ter waarde van R2 000, asook die vuurwapen wat vermoedelik gebruik is om Sher mee te skiet, teruggevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button