Community galleriesGalleriesNewsNews

Gemeentelede geniet heerlike kos en pret by kermis

BURGERSFORT - Die NG Kerk Burgersfort het verlede Saterdag hulle jaarlikse kermis gehou.

BURGERSFORT – Die NG Kerk Burgersfort het verlede Saterdag hulle jaarlikse kermis gehou. Daar was springkastele vir die jongklomp, heerlike pannekoek, kerrie en rys, potjiekos en braaivleis vir die smulpape.

Die stalletjies het ook verskeie winskope en lekkernye sowel as plaasgroente aangebied. Wouter van Rensburg het deur die loop van die dag musiek gemaak.

Die kermis het ook gespog met ‘n teetuin en wildsveiling en ouers kon hulle kleingoed inskryf vir ‘n babakompetisie. Omdat elke baba opsigself besonder is, het elkeen wat ingeskryf is, ‘n prys ontvang.

“Die kermis se fondse gaan aangewend word om ons jeugsentrum klaar te maak,” het ds. Hennie Grobler, die gemeente se leraar vertel.

“Die gemeenskap se jeug kan gerus Vrydagaande se Jesus Factor by die kerk ondersteun, waar tieners vanaf 13 jaar en ouer ontmoet en bedien word. Nog ‘n geleentheid is Pinkster vanaf 18 tot 21 Mei.

Ons kom 18:00 by die kerk bymekaar, geniet heerlike sop en broodjies en gaan daarna voort met die Pinksterdiens. Die kinders volg ook terselfdertyd ‘n spesiale program in die sentrum. Hier by die NG Kerk gaan dit vir ons oor die krag van God se koninkryk in ons midde,” het hy bygevoeg.

Hy het sy dank uitgespreek teenoor elkeen wat hard gewerk het om die kermis ‘n sukses te maak en almal wat die kermis ondersteun het. “Ons hoop almal het dit net so geniet soos ons. Ons is ook dankbaar vir die pragtige sentrum wat ons gedurende die kermis kon gebruik,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button