Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNewsNews galleries

Ouma hardloop goues los

n Ouma van 59 het tydens die die onlangse Gauteng-Noord Masters-atletiekbyeenkoms hakskene gewys.

‘Lee du Plessis het by die onlangse byeenkoms by die Pilditch Stadion in Pretoria met vier goue medaljes weggestap.

Diè kuns- en Afrikaanse onderwyser van Komatipoort Akademie, het goud in die 100m-, spiesgooi-, verspring- en hoogspringitems verower.

Lee het vir 12 jaar onder die vaandel van KwaZulu-Natal deelgeneem voordat sy na Mpumalanga verhuis het. Omdat dié provinsie se Masters-atletiek doodgeloop het, was sy verplig om in Gauteng te registreer.

“Ek het al die jare vir die ‘Sharks’ deelgeneem en nou moet ek vir die ‘Blou Bulle’ deelneem. If you can’t beat them, join them, ” aldus Lee.

Na afloop van die byeenkoms, het sy vir ‘n derde keer provinsiale kleure gekry. In 2012 het sy tydens die Afrika Mastersspele kragte teen atlete van 12 ander lande gemeet en met drie goue medaljes huis toe gegaan.

Sy neem volgende jaar in Korea aan die Masters-wêreldspele deel. “Ek wil net dankie sê aan die leerlinge en personeel van Komati. Julle is great.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button