Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Christen-vroue staan saam in die geloof

Sowat 200 vroue, kinders en ook mans het die konferensie bygewoon.

WITRIVIER – Honderde vroue het Saterdag by NG Kerk Witrivier vergader vir die Ester-konferensie, en in die proses nuwe vriendinne in die naam van God gemaak.

Ds. Elza Meyer, ‘n predikant van Johannesburg, het ‘n paar jaar gelede Turn2God op die been gebring, ‘n organisasie wat streef om Suid-Afrika na God te draai.

Sy hou dus ‘n reeks konferensies regoor die land om die boodskap onder gelowiges te versprei en hulle aan te moedig om by haar organisasie aan te sluit.

Sowat 200 vroue, kinders en ook mans het die konferensie bygewoon.

“Ester was ‘n vrou in die Bybel wat gebly het waar God haar geplaas het, ten spyte van haglike omstandighede, en op die einde van die dag met soveel gesag die hele koninkryk regeer het. God het haar uit die koninklike harem gekry en van haar ‘n leier gemaak.

“Die doel van hierdie konferensie was om Esters van die vroue te maak sodat hulle saam met God kan regeer.”

Gedurende die sessies het Meyer gepraat oor vroue se verbond met God, wat die eienskappe van ‘n verbond is, tekens van verbonde in die Bybel en die naamverandering en worstelings wat daarmee saamgaan.

“Tydens ‘n verbond moet daar ‘n uitruiling van lewe wees. Vroue vra dus vir God om hul gawes en talente te neem en te gebruik tot sy eer.

“Vroue moet dit ruil om die verlossingswerk van Jesus te doen.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button