Bekende Barbertonner dakloos na huisbrand
Hennie Grobler sluk swaar toe hy aan Barberton Times vertel dat hy nou letterlik niks oor het nie. Gelukkig het die gemeentelede in die kerk waar hy aanbid hom van tydelike verblyf voorsien.

‘n Man is dakloos gelaat nadat sy huis in Joubert Straat vroeër vanmiddag aan die brand geslaan het, vermoedelik as gevolg van ‘n veld wat aan die brand gesteek is duskant die erf.
Hennie Grobler sluk swaar toe hy aan Barberton Times vertel dat hy nou letterlik niks oor het nie. Gelukkig het die gemeentelede in die kerk waar hy aanbid hom van tydelike verblyf voorsien. Die brandweer van Umjindi was nog hard aan die werk om die smeulende vlamme te blus teen 17:30.
Grobler is ‘n baie bekende en vriendelike gesig in Barberton wanneer hy elke dag op sy fiets in die dorp ry. Hy help veral die bejaardes met allerlei takies en was juis in die dorp om te help met hulle pannekoek verkoping toe die brand by sy huis ontstaan het.
By die kantore van Barberton Times is Grobler ‘n gereelde gesig en Woensdae oggende kom haal hy altyd ‘n paar koerante om te gaan af lewer by die mense wat dit nie self kan kom afhaal nie.
Barberton Times vra dat mense wat Grobler van hulp sal kan wees, met hom sal kontak maak by 076-459-4595 of stuur ‘n WhatsApp of sms aan Barberton Times by 072-328-7065.

