Community galleriesEditor's choiceGalleriesLocal newsNewsNews

Heerlike kos en vermaak by basaar

Daar was verskeie stalletjies en heelwat kompetisies is gehou. Heerlike eetgoed soos sosaties, pannekoek, worsrollietjies, tuisgebak en handwerk was te koop

OHRIGSTAD – Die NG Gemeente het sy jaarlikse basaar op Saterdag 27 Junie gehou en nie eers die geniepsige winterweer kon inwoners weghou nie.

Daar was verskeie stalletjies en heelwat kompetisies is gehou. Heerlike eetgoed soos sosaties, pannekoek, worsrollietjies, tuisgebak en handwerk was te koop. ‘n Veiling van verskeie items het deur die loop van die dag plaasgevind en inwoners het die geleentheid gekry om vir ‘n modeparade in te skryf.

“Ons bly nou nege jaar in Burgersfort en hierdie basaar was beslis een van die grootstes. My gunstelinge was verseker die teetuin en die wit-olifantstalletjie. Ek is baie bly ons het deurgery Ohrigstad toe vir die basaar, dit was die moeite werd,” het Mariska Jonker van Burgersfort vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button