CrimeHard newsNewsNews

‘n Bom… of nie?

Hy het gesê hy is beïndruk met die effektiwiteit van die noodplan en hoe vinnig elke betrokkene party reageer het.

‘n Uiters effektiewe veiligheidsplan deur Standard Bank het Dinsdag vir toekomstige gemoedsrus gesorg toe werknemers van dié bank ‘n oproep ontvang het dat daar moontlik ‘n bom in die gebou is.

Werknemers was salig onbewus daarvan dat dit slegs ‘n roetine ondersoek was, soos vereis deur die Gesondheids- en Veiligheidswet, het mnr. Bheki Khoza, provinsiale veiligheidsbestuurder van die bank verduidelik. Khoza het gesê toetslopies soos hierdie is noodsaaklik om te bepaal hoe veiligheidsbewus mense werklik is. Hy het gesê hy is beindruk met die effektiwiteit van die noodplan en hoe vinnig elke betrokkene party reageer het.

Konst. Xolani Sibuyi en konst. Christi Botha van die SAPD se plofstofeenheid het die roetineondersoek bevestig en gesê dit is ‘n ideale geleentheid om te toets hoe effektief jy werklik by jou werksplek is. “Ons beskou elke oproep soos wat ons vanoggend ontvang het in baie ernstige lig en moet te alle tye die regte prosedures volg.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button