CrimeHard newsNewsNews

Vermeende kaper dood in ongeluk

Die betrokke bakkie was na bewering Saterdagaand by 'n kaping op die pad na Sabie/Lydenburg betrokke. Ons ondersoek die bewerings

LOW’S CREEK – ‘n Vermeende kaper is Sondagoggend dood nadat hy ernstig in ‘n motorongeluk op die Noordkaap-pad beseer is. Hy was onderweg na Barberton.

Hy is met ‘n mediese helikopter na ‘n hospitaal geneem, maar is dieselfde dag aan sy beserings dood.

Volgens mnr. Jan Oberholzer, ‘n paramedikus van Mpumalanga Emergency Medical Services op Barberton, het die ongeluk omstreeks 06:00 gebeur.

“‘n Bakkie en ‘n minibus taxi was in ‘n botsing reg van voor betrokke. Met ons aankoms op die toneel, het ons die bestuurder van die taxi onder die voertuig aangetref. Die taxi het verskeie kere gerol en weer op sy wiele geland.”

Die bestuurder van die taxi is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bakkie was in die wrak vasgekeer en moes met die kake van die lewe bevry word. Hy het ‘n ernstige kopbesering en verskeie frakture opgedoen. Die staat se mediese helikopter is ontbied en hy is na Rob Ferreira Hospitaal geneem.

“Hy is later deur die dag aan sy beserings dood. Ons is meegedeel dat die polisie navraag gaan doen het by die hospitaal omdat hy na bewering ‘n gesoekte kaper was,” het Oberholzer bygevoeg.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie op Mbombela, het by navraag gesê dat hulle besig is met ‘n geregtelike doodsondersoek. “Die betrokke bakkie was na bewering Saterdagaand by ‘n kaping op die pad na Sabie/Lydenburg betrokke. Ons ondersoek die bewerings,” het hy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button