LifestyleLocal newsNewsNewsPeople
Kospakkies en komberse maak verskil in dorp
Die koerant het met die hulp van verskeie individue en myne 66 komberse en verskeie blikkies nie-bederfbare kos ingesamel.

LYDENBURG – Die Steelburger/Lydenburg Nuus se voedsel- en kombersprojek was ‘n groot sukses. Die koerant het met die hulp van verskeie individue en myne 66 komberse en verskeie blikkies nie-bederfbare kos ingesamel.
Dié komberse en kos is in pakkies opgemaak en aan mense in die dorp oorhandig. Mariette Kruger en haar dogter, Jeanette Kruger-Hibbens, het die koerant bygestaan om te sorg dat die projek suksesvol van stapel gestuur is.
Nie net het verskeie mense splinternuwe komberse ontvang nie, Kruger Konstruksie het ook energie-besparende ligte in die woonstelle van Kiepersol en Kannabas geïnstalleer.
