GalleriesLocal newsNewsNewsNews galleries

FOTO’s: Potjiekos plesier laat monde water

Die jaar het die Nelspruit Concerned Citizens (NCC)-potjiekoskompetisie potte van die hoogste gehalte gelewer.

MBOMBELA – Dat dit nie ‘n eg Suid-Afrikaanse potjiegereg uit ‘n driebeenysterpot was wat gewen het nie, maar wel ‘n geurige lam-stowegereg voorberei in ‘n tradisionele Midde-Oosterse tagine-pan, wys net dat die Boere nie alleenreg op potjiekos het nie.

Dit was Saterdag met die eerste jaarlikse saamtrek van die Nelspruit Concerned Citizens (NCC)-potjiekoskompetisie, dat die span van Hall & Sons met hierdie gereg die as in die oë van hul mededeelnemers geskop het.

Die hoofbeoordelaar en Suid-Afrika se heersende potjiekoskoning, Ben Kruger, sê meeste van die ander 19 deelnemers het ook uitstekende potte gemaak. Maar met die oorspronklikheid, die uitsonderlike Midde-Oosterse smaakkombinasie en spangees was dit moeilik vir die meer bekende potte om dié wenspan te klop.

‘n Tagine is ook ‘n eenpotgereg wat stadig oor die kole onder die deksel gaar gestoom word. In dié geval dien die tuitagtige kleideksel amper soos ‘n oondjie wat die geur binnehou deur die stoom weer op te vang en oor die kos te
laat terugdrup.

Kruger wat spesiaal van Johannesburg af gekom het vir die geleentheid, hou die rekord vir die meeste potte op die vuur op een slag. Dit was 50 potte aan die kook net hier in Nelspruit/Mbombela met Innibos van 2014.

Al die potte is eers deur ‘n taakspan van die Laeveld Lekkerbekke beoordeel. Geborg deur Nederburgwyne is die Lekkerbekke ‘n uitsoekgroepie uiteters wat gereeld by nuwe eetplekke in en om die stad aansit. Op die kortlys was onder meer ‘n uitsonderlike skaapskenkelpot met ‘n melktertjaffel vir nagereg van Span Boere Bitches, wat maklik ook die wenner kon wees.

Span MASDT se afvalpot – sterk, met ‘n besliste brandrissiegeur soos ons maar gewoond is hier teen die grens met Mosambiek, het ook groot aftrek onder die beoordelaars geniet.

Elie Fourie, sameroeper van die Lekkerbekke se proespan, was ook baie beïndruk met die gehalte van die geregte. Hy sê dit is belangrik dat daar gelet word op die verskil tussen ‘n potjiegereg en ‘n bredie. Potjiekos word in lae gaargemaak na gelang van die gaarwordtyd van elke bestandeel, terwyl mens ‘n bredie kan deurroer.

Die geleentheid ten bate van die NCC, ‘n plaaslike teen-misdaad inisiatief, is deur William en Kirsten Bruntnet gereël en Tracy Chaimbers van Die Lapa-eetplek by die nuwe Canary Walk winkel-, kantoor-, en kleinnywerheidspark waar die voormalige Tabakkorporasie altyd was. Na Saterdag se sukses word dit nou ‘n jaarlikse gemeenskapinstelling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button