CrimeHard newsLocal newsNewsNews

Ontvoering het toe nooit gebeur nie

Pretorius het Maandag by navraag bevestig dat 'n verklaring Vrydag by die polisiestasie afgelê is, waarby die pa van die kind geteken het, wat die valse bewerings deur die kind bevestig het.

MBOMBELA – Talle onsekerhede (onbeantwoorde vrae) rakende die beweerde ontvoering van ‘n 11- jarige kind op 5 Augustus heers steeds in die Laeveld.

Laevelder het Vrydag berig dat ‘n Mercedes-Benz na bewering voor Laerskool Laeveld by die kind gestop het waarna hy by die voertuig ingeboender is.

Die kind het na wat verneem is alarm gemaak en die bestuurder het hom by die Exel-vulstasie by Westend uit die voertuig gegooi.

Die polisie het die voorval bevestig.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder van die plaaslike polisiestasie, het egter Vrydag aan Laevelder gesê dat nuwe inligting onthul het dat die kind nooit onvoer is nie en dat hy oor die voorval gejok het.

Pretorius het Maandag by navraag bevestig dat ‘n verklaring Vrydag by die polisiestasie afgelê is, waarby die pa van die kind geteken het, wat die valse bewerings deur die kind bevestig het.

“Die verklaring is deur die ondersoekbeampte voor die staatsaanklaer gelê wat die saak teruggetrek het,” het Pretorius gesê en bygevoeg dat die saak nou as afgehandel beskou word.

Die koerant het Maandag die pa gekontak wat op sy beurt gesê het dat hy sedert die verklaring, wat volgens hom ‘n halfuur na die inisident afgelê is, nog niks weer van die polisie gehoor het nie.

“Ek het Vrydag gesien julle (Laevelder) skryf wat Dawie (Pretorius) sê, maar al wat ek op dié stadium kan sê is dat die laaste keer wat ek met die polisie gepraat het, tydens die verklaring was, wat ‘n halfuur na die insident afgelê is.

Ek het wel ‘n SMS ontvang met ‘n saaknommer, maar niemand het my ooit weer daarna gekontak nie,” het die pa gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button