Laerskool-atlete dring deur na SA’s
Alta Schoeman, 'n onderwyser en landloopafrigter by Atokia, vertel dat 13 van hulle atlete gekwalifiseer het
Die jaarlikse Limpopo Atletiekkampioen-skappe (LIMA) het op 1 Augustus by Laerskool Atokia plaasgevind.
Verskeie atletiekklubs en skole regoor die Limpopo-streek het deelgeneem.
Langasem-atlete wat tydens die kampioenskappe presteer het, het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat later vanjaar in Middelburg gaan plaasvind, deel te neem.
Alta Schoeman, ‘n onderwyser en landloopafrigter by Atokia, vertel dat 13 van hulle atlete gekwalifiseer het om aan die SA’s deel te neem. “Dit was ‘n baie goeie jaar vir die Atokia-landlopers. Ek wil elkeen gelukwens met ‘n skitterende seisoen.”
Atlete van die skool wat die provinsiale span gehaal het, is Mita Madutlela, Shibo Riba, Magdelien Letsoalo, Thamia Rachidi, Degracia Letsoalo, Tsebo Mateba, Morategu Maisela, Nicole Kupa, Phishego Moraka, Eureka Selepe, Kgadi Madutlela, Kgomotso Kupa en Bohlalae Madutlela.
