JONGSTE NUUS: Verdagte gesoek
Die foto van ‘n man wat gekoppel word aan ‘n hele paar voorvalle van misdade in en om Komatipoort die afgelope tyd, is vanoggend op sosiale netwerke gewys. Die man is al by meer as een geleentheid gevang net om weer deur die plaaslike polisie vrygelaat te word. ‘n Tyd gelede is ‘n vrou se …

Die foto van ‘n man wat gekoppel word aan ‘n hele paar voorvalle van misdade in en om Komatipoort die afgelope tyd, is vanoggend op sosiale netwerke gewys.
Die man is al by meer as een geleentheid gevang net om weer deur die plaaslike polisie vrygelaat te word.
‘n Tyd gelede is ‘n vrou se selfoon by die dorp se sportgronde gesteel. Met die hulp van Securicon en iCloud is die foon binne twee uur in Naas gevind. ‘n Foto is van die verdagte geneem by wie die foon gevind is en dit blyk nou dieselfde foto te wees wat vanoggend op whatsapp aangestuur is om inwoners te waarsku.
Dié man is gisteraand wéér by die sportgronde opgemerk. Daar is al verskeie items hier gesteel, onder andere ook diesel. Een van die lede wat gereeld by die gimnasium oefen, het hom gisteraand opgemerk, waar hy aan motors se handvatsels gepeuter het. Dit het vir hom verdag gelyk en hy het Securicon gekontak. Hy is gearresteer nadat hy van die omstanders wat wou help om hom aan te keer, aangerand het. Hy is in die verlede ook opgemerk waar hy die dames wat “spinning” -klasse bywoon, deur die venster dopgehou het.
Dit is duidelik dat die verdagte weer vrygelaat is nadat mense in Komatipoort hom vanoggend opgemerk het herken het aand die foto wat versprei is. Hy is gesien by die taxi-staanplek waar die Mosambiekse burgers geld ruil. Volgens ‘n huiswerker in die dorp wat hom ook op die foto herken het, woon hy in Komatipoort en is ‘n bekende gesig in dié omgewing.
Ons korrespondent op Komatipoort het vanoggend een van die slagoffers van die gewapende roof van Maandagaand ,me. Stompie Kemp, oor haar traumatiese ervaring gesels. Sy het hom ook erken as een van die booswigte wat haar, haar man en haar ma net na donker met hulle aankoms by die huis oorval het.
Securicon is dadelik verwittig, waarop mnr. Gerhard Coetzer laat weet het dat hy onmiddellik sy spanne sal uitstuur. Inwoners van die dorp en omgewing word gevra om Securicon dadelik te kontak by 082-561-7473 indien die man opgemerk word
