CrimeHard newsNewsNews

Sewe dood nadat minibus-taxi beheer verloor

Paramedici het gesê dat hulle lanklaas só 'n grusame ongeluk in die Laeveld hanteer het

MBOMBELA – Sewe mense is dood nadat die bestuurder van ‘n minibus-taxi omstreeks 20:00 gister op die N4 beheer verloor en die voertuig omgeslaan het.

Die taxi was vanaf Malalane se rigting na die stad onderweg. Dit het sowat twee kilometer voor die afdraai na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe gebeur.

Lees ook: Seven die in head-on crash at Karino

Die bestuurder van die taxi het beheer oor die voertuig verloor voordat dit na regs geswenk en deur die lug getrek het. Die voertuig is bo-oor die reling langs die kant en het teen ‘n boom gebots.

Daar was 12 insittendes in die taxi. Ses van hulle is op die toneel dood verklaar. Met Laevelder se aankoms op die toneel, het brandweermanne en verskeie paramedici nog gespook om die bestuurder uit die wrak te bevry. Hy het geringe beserings opgedoen.

Die lyke van vyf ander, meestal vroue, het in ‘n ry langs die wrak gelê. Die lyk van ‘n sesde passasier – ‘n kind van ongeveer 12 jaar –  was ook nog in die wrak vasgepen.

Die oorblywende insittendes is na Rob Ferreira Hospitaal gehaas. ‘n Sewende insittende is vroeg vanoggend aan sy beserings dood.

Die toneel is gefynkam vir leidrade oor wat moontlik tot die ongeluk aanleiding kon gegee het. Die bande van die wa wat die taxi gesleep het, was egter duidelik glad en afgeloop.

Sake van strafbare manslag word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button