ElectionsNewsNews

DA behou wyk in tussenverkiesing

Die party kon 91,95 persent van die stemme kry om Mbombela se wyk 17 te behou.

MBOMBELA – Die DA se kandidaat het gister se tussenverkiesing in wyk 17 met 92 persent van die stemme gewen.

Die nuut-verkose me. Sanley van der Merwe sal Steiltes en Nelsville se inwoners voorst in Mbombela se stadsraad verteenwoordig.

Volgens die IEC het ‘n totaal van 2 572 kiesers gister hul kruisies getrek, ‘n bietjie meer as die 2 326 wat tydens die tussenverkiesing in April 2013 gestem het.

 

VIDEO: Ons gesels met die twee kandidate in Mbombela se tussenverkiesing, 19 Augustus, 13:00

Ondersteuners van die twee politieke partye wat staan in die tussenverkiesing in wyk 17 ondersteun al sedert vroeg vanoggend hul kandidate by die stemlokale.

Inwoners stem vandag vir ‘n nuwe munisipale raadslid by LVCC, Laerskool Bergland en Nelsville-gemeenskapsaal.

Me. Wilna de Beer staan vir die ANC en me. Sanley van der Merwe vir die DA. De Beer vertel ons meer:

Die wyk is voorheen deur die DA verteenwoordig. Hoor wat sê Van der Merwe:

Volgens die IEC is 7 545 kiesers in wyk 17 geregistreer. Die kieseropkoms in hierdie wyk was tydens die vorige plaaslike verkiesing in 2011 63,33 persent.

Die stembusse sal tot 21:00 oop wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button