Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Vroue vier ‘n nuwe begin by oggendtee

Die saal van die NG Kerk was Saterdagoggend stampvol tydens die oggendtee wat deur die vrywilligers van KANSA aangebied is. Die 17 tafels, wat elk plek vir agt mense gehad het, was op ses na almal vol bespreek. Elke tafel het ‘n gasvrou gehad wat ook verantwoordelik was om die tafel volgens die tema van …

Die saal van die NG Kerk was Saterdagoggend stampvol tydens die oggendtee wat deur die vrywilligers van KANSA aangebied is. Die 17 tafels, wat elk plek vir agt mense gehad het, was op ses na almal vol bespreek. Elke tafel het ‘n gasvrou gehad wat ook verantwoordelik was om die tafel volgens die tema van die oggend, “New beginnings”, te dek – heel gepas in die kleurskemas van die vier seisoene.

Seremoniemeester, Marlies Liebenberg, het reg van die begin af gesorg dat almal op hulle gemak is voor die verrigtinge afgeskop het. Die oggend se vermaak is deur die gemeentes van Barberton aangebied. Die VEK Kruisgenerasie, NG, Hervormde, Baptiste en Metodiste kerke het almal opgetree en item, van die sang tot dans is terdeë geniet. Die Vroue-landbou-unie het ook tafels gehad waar handwerk en tuisgebak te koop aangebied is.

Na die eerste item, wat deur die Barberton Band van die NG Kerk gelewer is en na die opening deur ds. Andreas van Rooyen van dieselfde gemeente, was dit tyd vir die Luminaria-seremonie. Christelle Strauss, voorsitter van die Barbertonse KANSA-tak, het die betekenis van die seremonie verduidelik. “Dit simboliseer ‘n tyd om te treur vir diegene wat ons verloor het en om te besin oor ons eie ervaring van kanker of dié van die geliefdes na aan ons. Dit simboliseer herrinering en hoop,” het Strauss gesê. Die meeste van die gaste het van die geleentheid gebruikgemaak om ‘n kersie vir geliefdes aan te steek.

Hulle is ook deur sr. Rona Labuschagne, bestuurder van die Kankersorgsentrum in Mbombela en Christelle Strauss toegespreek. Labuschagne het onder meer vertel van die werk wat KANSA doen, die kliniek waarvan sy die hoof is en die dienste wat daar aangebied word. Christelle, ‘n kankeroorlewende, het met die gehoor gedeel hoe sy in 2004 as ‘n nuwe boorling van Barberton by KANSA betrokke geraak het. Sy het ook puntsgewys oorgedra wat KANSA Suid-Afrika die afgelope jare vermag het en hoe hulle fondse aangewend word.

Na ‘n gelukkige trekking, het die tee en kuier aan die beurt gekom met eetgoed uit die boonste rakke. Die R50-donasie wat ook as bespreking gedien het, sal aangewend word vir die versorging van kankerpasiënte. Christelle sê sy was uit die veld geslaan met die opkoms. “Hierdie gaan beslis ‘n jaarlikse instelling word en ek wil graag ‘n ieder en elk uit my hart bedank vir die bydrae wat hulle gelewer het om die dag so genotvol te maak,”
Vir navrae oor hoe jy jou deel vir KANSA kan doen, kontak Christelle by 083-655-4289.

Na ‘n gelukkige trekking, het die tee en kuier aan die beurt gekom met eetgoed uit die boonste rakke. Die R50-donasie wat ook as bespreking gedien het, sal aangewend word vir die versorging van kankerpasiënte. Christelle sê sy was uit die veld geslaan met die opkoms. “Hierdie gaan beslis ‘n jaarlikse instelling word en ek wil graag ‘n ieder en elk uit my hart bedank vir die bydrae wat hulle gelewer het om die dag so genotvol te maak,”
Vir navrae oor hoe jy jou deel vir KANSA kan doen, kontak Christelle by 083-655-4289.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button