GalleriesHard newsLocal newsNewsNewsNews galleries

Twee gesinne dakloos na huisbrande in Palmeira

Verlede jaar het ‘n meenthuis in dieselfde kompleks ook afgebrand en volgens die inwoners was dit ook as gevolg van die bedrading. Beide hierdie voorvalle, die een van verlede jaar en vandag s’n, het presies dieselfde patroon gevolg.

Twee gesinne, die Oppermans en Govenders, is dakloos gelaat nadat hul meenthuise vandag omstreeks 10:30 in die Palmeira-kompleks afgebrand het. Die huis van Zaahn en Amori het eerste begin brand en daarna het die vlamme na die aangrensende woning van Monty Govender versprei.

Volgens Amori was hulle nog in die bed, terwyl hul tweejarige seuntjie in die gang gespeel het, toe die gordyne skielik vlam gevat het Binne ‘n paar minute was die hele huis in ligte laaie. Een van hulle troeteldiere, ‘n hondjie, het doodgebrand. Die Umjindi Fire/Rescue-personeel het geswoeg om die vlamme te blus, maar daar was niks wat gered kon word nie.

Barberton Times het met Boet Pohl, die eienaar van die kompleks in verbinding probeer tree, maar was onsuksesvol.
Ander inwoners van Palmeira het aan hierdie joernalis vertel dat hulle almal probleme met die bedrading ondervind en vir hul lewens vrees.

Verlede jaar het ‘n meenthuis in dieselfde kompleks ook afgebrand en volgens die inwoners was dit ook as gevolg van die bedrading. Beide hierdie voorvalle, die een van verlede jaar en vandag s’n, het presies dieselfde patroon gevolg. Volgens Govender is daar al herhaaldelike kere gevra dat Pohl aandag aan die bedrading moes gee, maar tot op hede het  daar nog niks gebeur nie.

Barberton Times vra dat die gemeenskap hulle harte en hande moet oopmaak vir hierdie gesinne wat niks oorhet nie.
Amori dra ‘n nommer 5/6-skoen en haar man ‘n 9. Haar rokgrootte is 8/10 en hul seuntjie is twee-en ‘n-half jaar oud. Die Govenders is tans geholpe aangesien hulle familie in die dorp het.
Navrae kan gerig word aan DA Raadslede Philip Minnaar / Elsabé Jacobs by 079-492-2276 en 082-550-2903 onderskeidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button