Editor's choiceNewsNews

Honde glo vir dood gelaat

Indien die honde nie teen 11:00 Saterdag hervestig word nie, gaan hulle van kant gemaak moet word. Enigiemand wat belangstel om die honde te neem, kan vir Cathy Schutte by 082-462-5754 skakel.

LYDENBURG – Sy hardloop opgewonde en met ‘n gebreekte bak in haar bek hek toe. Toe sy agterkom dis nie haar mense nie, tjank sy saggies en gaan lê met haar kop op wat blykbaar een van haar eienaars se hoede was.
Die twee honde, beide tewe, is sedert verlede Donderdag in ‘n huurhuis se erf agtergelaat. Die jong sharpei en groot bruin gestreepte kruising was sedert daardie dag glo sonder water of kos.
Volgens me. Cathy Schutte, eienaar van Home 4 Paws het sy eers Saterdag van die honde se dilemma gehoor. “Hulle was dus vir drie dae sonder water of kos. Wat jy hier sien, gaan my verstand te bowe. Toe ons hier aankom was hier niks. Nie water nie, nie kos nie, nie eens ‘n ou verflenterde kombers vir die koue stoep waarop hulle slaap nie. Ons het sedert Saterdag elke dag twee keer per dag kom inloer, kos en water gebring en bietjie met hulle gespeel,” sê Schutte. Die eienaars wat dié honde só aan eie genade agtergelaat het, is glo Pieter en Jackie Bosman.
Dis liefdevolle honde. Hulle is vreeslik bly oor die vyf minute aandag en skuur die hele tyd teen ‘n mens vir nog ‘n bietjie aandag.
Indien die honde nie teen 11:00 Saterdag hervestig word nie, gaan hulle van kant gemaak moet word. Enigiemand wat belangstel om die honde te neem, kan vir Cathy Schutte by 082-462-5754 skakel.

Lees die volledige artikel in Vrydag se uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button