LifestyleLocal newsNewsNewsPeopleSchools

Nuwe projek wil graag plaaslike nood verlig

KOMATIPOORT – Die skoukomitee dra die dorp se mense op hulle harte en wil graag ‘n verskil in die omgewing maak. Die HOPE-projek (Help Our People Eat) is onlangs onder die beskerming van die Komatipoort Garnaalfeeskomitee tot stand gebring. Die doel daarvan is om bystand deur middel van voedsel en klerasie te verleen indien daar so ‘n …

KOMATIPOORT – Die skoukomitee dra die dorp se mense op hulle harte en wil graag ‘n verskil in die omgewing maak. Die HOPE-projek (Help Our People Eat) is onlangs onder die beskerming van die Komatipoort Garnaalfeeskomitee tot stand gebring. Die doel daarvan is om bystand deur middel van voedsel en klerasie te verleen indien daar so ‘n behoefte in die gemeenskap ontstaan. Hulle verskaf ook elke maand voedsel ter waarde van R1 000 aan Komatipoort Akademie. Me. Lydia Ormond neem dit in ontvangs en gebruik dit vir die skool se daaglikse toebroodjieprojek vir behoeftige kinders. Leerlinge kan soms nie in die klas konsentreer weens honger en wanvoeding nie en daar word gepoog om hiermee ‘n verskil in hul lewens te maak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button