Editor's choiceLifestyleLocal newsNewsNewsPeopleSchools

Mooistes word gekroon by skool

Elke deelnemer het die geleentheid gehad om die loopplank aan te durf terwyl vier beoordelaars die moeilike taak gehad het om die wenners aan te wys

STEELPOORT – Steelpoort Akademie het op 2 September die Mnr. en Mej. Steelie-kompetisie gehou waar die wenners in verskeie kategorieë gekroon is. Elke deelnemer het die geleentheid gehad om die loopplank aan te durf terwyl vier beoordelaars die moeilike taak gehad het om die wenners aan te wys.

Tydens die geleentheid het die skoolkoor opgetree en die plaaslike sanger, Carin Knoesen was die gaskunstenaar. In die junior afdeling kon deelnemers in twee ouderdomsgroepe, (ses tot agt, en nege tot 11) deelneem. Die hoogtepunt van die aand was die kroning van Mnr. en Mej. Steelie waaraan leerlinge van 12 tot 13 jaar kon deelneem.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button