LifestyleNewsPeopleSchools

Studente bekoor met topgehalte musiek

KOMATIPOORT – Agtien sangstudente van Marian Sang Studio/Alegria Musiek het onlangs aan die musiek vokaalafdeling (ligte musiek) van die Nelspruit Eisteddfod deelgeneem. Hulle is Christiné Kok, Kristn Engelbrecht, Cornelis van Dyk, Elmarie Olivier, Lilly Koekemoer, Sansha-Lee Smit, Zarlia Engelbrecht, Milda van Dyk, WG Engelbrecht, Andreas Rautenbach, Leila Maree, Cheline van den Heever, Dané Horn, Zandrie Strydom, Izel …

KOMATIPOORT – Agtien sangstudente van Marian Sang Studio/Alegria Musiek het onlangs aan die musiek vokaalafdeling (ligte musiek) van die Nelspruit Eisteddfod deelgeneem. Hulle is Christiné Kok, Kristn Engelbrecht, Cornelis van Dyk, Elmarie Olivier, Lilly Koekemoer, Sansha-Lee Smit, Zarlia Engelbrecht, Milda van Dyk, WG Engelbrecht, Andreas Rautenbach, Leila Maree, Cheline van den Heever, Dané Horn, Zandrie Strydom, Izel Potgieter, Angelique Stronkhorst, Charissa Stander en Lezelle Tecklenburg. “Die studente het uitstekende punte behaal en ons is trots op elkeen van hulle!” het Marian du Plessis, hul afrigter gesê. Hulle is leerders van Komatipoort Akademie. Cornelis van Dyk het ‘n A++ losgeslaan met sy liedjie “Mannetjies Roux” en is genooi om by die gala-aand op 17 September in Mbombela op te tree. Izel Potgieter het die medalje in die kompeterende afdeling (hoërskooldogters) verower. Met haar passie vir drama en pragtige stem, het sy die beoordelaars behoorlik bekoor. Sy het 91% (A++) in hierdie afdeling behaal en dit is ‘n puik prestasie. Sy is ook genooi om aan die gala-aand deel te neem. Angelique Stronkhorst het ook ‘n uitmuntende prestasie met ‘n uitstekende 96% behaal. Sy is as wenner in die oop kategorie (18+) vir visuele kunste en fotografie aangewys. Sy het ‘n grafiese ontwerp- en Photoshop-kursus gewen wat deur Midrand Graduate Institute geborg is.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button