Plaaslike skole neem deel aan mini-hokkie
Die kleingoed se hokkievaardighede word nog geslyp, maar dit het nie in die pad gestaan van lekker pret en entoesiasme nie
Laerskool Ohrigstad het op 27 Augustus ‘n mini-hokkietoernooi aangebied waaraan Steelpoort Akademie en Lydenburg Laerskool ook deelgeneem het. Leerlinge van sewe tot nege jaar kon deelneem. Die kleingoed se hokkievaardighede word nog geslyp, maar dit het nie in die pad gestaan van lekker pret en entoesiasme nie. Ouers het opgewonde en trots toegekyk hoe hul kleingoed domineer op die veld.
Elke span het ‘n geleentheid gekry om punte aan te teken. Van die uitslae was as volg: Laerskool Ohrigstad o/9-span wen 1-0 teen Steelpoort Akademie; Laerskool Lydenburg Laerskool se o/8-span wen 1-0 teen Steelpoort Akademie; Steelpoort Akademie o/7-span wen 3-0 teen Ohrigstad; Laerskool Lydenburg se o/9-span wen 3-0 teen Steelpoort Akademie en die o/8-span van Steelpoort wen 1-0 teen Ohrigstad.




