LifestyleLocal newsNewsNewsPeople
Weesbrakke kry nuwe tuistes
Die troeteldiere het glo vir drie dae sonder water of kos oorleef voordat me. Cathy Shutte van Home 4 Paws van hulle dilemma in kennis gestel was
LYDENBURG – Beide honde wat verlede week in ‘n erf agtergelaat is toe hul mense verhuis het, het nou nuwe eienaars.
Die troeteldiere het glo vir drie dae sonder water of kos oorleef voordat me. Cathy Shutte van Home 4 Paws van hulle dilemma in kennis gestel was. Sy het hulle intussen twee keer ‘n dag besoek en kos en water gegee.
Die gestreepte bruin teef is deur mnr. Paul Ngobeni aangeneem. Hy het spesiaal 45km ver gery om sy nuwe troeteldier te kom haal. Ngobeni woon op ‘n plaas in die Bosfontein-omgewing.
Lees meer in die volgende uitgawe van die Steelburger/Lydenburg News.
