Editor's choiceGalleriesLocal newsNewsNewsSchoolsSchools galleries
Leerders laat sprokiesverhale verwesenlik tydens vanjaar se revue
Dwergies, paddas en prinsesse was verlede week oral by Laerskool Ohrigstad te sien. Die skool het revue gehou en vanjaar het hulle verskeie sprokiesverhale aangebied
OHRIGSTAD – Dwergies, paddas en prinsesse was verlede week oral by Laerskool Ohrigstad te sien. Die skool het revue gehou en vanjaar het hulle verskeie sprokiesverhale aangebied.
Me. Elsie Riekert, oudinwoner het die teks geskryf en die personeel het met die danspassies, grimering en kostuums gehelp terwyl elke leerling hul beste voetjie voorgesit het om die beste revue aan te bied.
Die laaste vertoning het verlede Vrydag plaasgevind, maar die hoogtepunt van die week was Woensdagaand 9 September. Inwoners van Rusoord Ouetehuis, Wenakker en Estralita-skool in Lydenburg is ook genooi om te kom kyk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
