EntertainmentFoodLifestyleLocal newsNewsPeople

Kerk hou weer n reusefees

KOMATIPOORT – Die Gerefor-meerde Kerk in Komatipoort se jaarlikse Wildsfees was weereens ‘n reusesukses. Vanjaar was die 17de keer dat hierdie gewilde fees plaasgevind het en dit bly ‘n hoogtepunt op die dorp se kalender wat besonder goed deur die gemeenskap ondersteun word. Daar word elke jaar 500 kaartjies gedruk en dit moet altyd vroegtydig bekom word, …

KOMATIPOORT – Die Gerefor-meerde Kerk in Komatipoort se jaarlikse Wildsfees was weereens ‘n reusesukses. Vanjaar was die 17de keer dat hierdie gewilde fees plaasgevind het en dit bly ‘n hoogtepunt op die dorp se kalender wat besonder goed deur die gemeenskap ondersteun word. Daar word elke jaar 500 kaartjies gedruk en dit moet altyd vroegtydig bekom word, anders is teleurstelling jou voorland. Daar moet maar seker gemaak word die maag word bietjie gerek voor die tyd om die kapasiteit van inname te vermeerder, want daar word soveel op die spyskaart aangebied, dat dit ‘n onmoontlikheid is om selfs net van alles te proe. Die jagters in die gemeente skiet elke jaar ook wild vir die kerk met diè fees in gedagte. Vir die ouens wat nie van wildsvleis hou nie, was daar ook genoeg ander vleis, om nie eens te praat van al die bykosse nie. Die soetpatats was hoog op die prioriteitslys en selfs diegene wat van regte boere-afval hou, is gelukkig gehou. Nadat almal genoeg geëet het was daar steeds hope kos oor – meer as 12 mandjies – en gaste kon teen ‘n minimale bedraggie van R50 ‘n wegneembakkie koop om nog van al die lekker die volgende dag te geniet. Die aand was koel, maar gelukkig was die geleentheid warm met familie en vriende wat heerlik kon kuier en saam eet. Die kerkraad bedank die gemeenskap vir hul getroue ondersteuning, asook die gemeente wat elke jaar so hard werk.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button