Steelie atlete gee hul beste by kampioenskappe
Die landloopjaar het nou ten einde geloop, maar Maritz voeg by dat hulle reeds opgewonde is oor volgende jaar se seisoen. Elke Steelie-atleet gaan harder oefen om volgende jaar 'n plek in die kampioenskappe te behaal
STEELPOORT – Steelpoort Akademie se landloopatlete het verlede Saterdag aan die Mpumalanga-landloopkampioenskappe in Witrivier deelgeneem.
“Ons atlete het ongelukkig geen plekke tydens die kampioenskappe behaal nie en die koue weerstoestande in Witrivier het ook ‘n groot impak op hulle gemoedstoestand gehad, maar elke Steelie het sy beste gegee en ons is baie trots op elkeen wat deelgeneem het,” vertel mnr. Armin Maritz, landloopafrigter.
Die landloopjaar het nou ten einde geloop, maar Maritz voeg by dat hulle reeds opgewonde is oor volgende jaar se seisoen. Elke Steelie-atleet gaan harder oefen om volgende jaar ‘n plek in die kampioenskappe te behaal.
