Local newsNewsNewsSchool sportSchoolsSport

Komati wys hul slag in die swembad

Vir die deelnemers aan Dinsdagmiddag se Komatipoort Akademie se swemgala, was dit dalk ‘n lafenis om in die water teen hul spanmaats vir ‘n plek uit te spartel. Die toeskouers moes egter maar ‘n koue botteltjie water byderhand hou om nie in die bloedige son te dehidreer nie. Die skool het Woensdag swemgala gehou en daar is …

Vir die deelnemers aan Dinsdagmiddag se Komatipoort Akademie se swemgala, was dit dalk ‘n lafenis om in die water teen hul spanmaats vir ‘n plek uit te spartel. Die toeskouers moes egter maar ‘n koue botteltjie water byderhand hou om nie in die bloedige son te dehidreer nie. Die skool het Woensdag swemgala gehou en daar is heelwat sterk swemmers met hope potensiaal opgemerk. Milda van Dyk het drie rekords laat spat en is ook as die victrix ludorum vir gr. 4 tot -7 gekies. Ormond Lombard het ‘n woord van bedanking gedoen aan Martin van Staden, wat die swembad nou al vir ‘n hele paar jaar vrywillig onder hande het en sorg dat dit op standaard en mooi helder bly. Rheta Stronkhorst het Piet van Dyk bedank wat vir die afgelope 11 jaar by die skool se swem betrokke is, meestal deur borgskappe. Sy gesin is almal goeie swemmers en lewer ‘n goeie bydrae tot die sport. Hier is die uitlsae vir die dag: Gr. 1 tot 3: Victor ludorum (seuns) – Ockert Maritz Victrix ludorum (dogters) – Sophia Clark Gr. 4 tot 7: Victor ludorum (seuns) – Hanro van Heerden Victrix ludorum (dogters) – Milda van Dyk. Hoërskool Junior victor ludorum (seuns) – Paulo Goncalves Junior victrix ludorum (dogters) – Tayla-Anne Clark Senior victor ludorum (seuns) – Braam Cronje Senior victrix ludorum Angelique Stronkhorst (dogters).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button