FeaturesFoodLifestyleLocal newsNewsNewsPeople

Dankbaarheid teenoor seniors betoon

Die glimlagte op die bejaardes se gesigte was vir die eienaars van Daddy's Take Away genoeg om te besef dat dit baie belangrik is om oumense kort-kort te bederf om hulle spesiaal te laat voel.

LYDENBURG – Die glimlagte op die bejaardes se gesigte was vir die eienaars van Daddy’s Take Away genoeg om te besef dat dit baie belangrik is om oumense kort-kort te bederf om hulle spesiaal te laat voel.

Inwoners van Rusoord Ouetehuis is verlede Maandag met koekies deur dié besigheid bederf. André Watkins van Daddy’s Take Aways vertel dat hulle met dié gebaar die bejaardes daaraan wil herinner dat al is ‘n ouetehuis hul tuiste, hulle steeds van groot belang vir die mense van Lydenburg is.

“Bejaardes het ons versorging nodig soos hulle ouer word, hulle was die mense wat ons versorg het toe ons jonk was. Kinders sou nie vandag gewees het waar hulle is as dit nie deur die opoffering van hul ouers was nie,” het Watkins bygevoeg.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button