Community galleriesEditor's choiceGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsPeopleSchoolsSchools galleries

Steelies-konsert sorg vir groot opwinding

Die skoolsaal was elke aand stampvol met besoekers. Die skool het hul dank betuig aan die gemeenskap, besighede en ouers vir die maak van kostuums en grimering van die leerlinge asook die dekor op die verhoog en in die saal

STEELPOORT – Steelpoort Akademie het op 29 en 30 September hul musiekblyspel, Sonkringe, opgevoer.

Die verhaal speel af op ‘n koringplaas waar droogte en plae ervaar word. Jan die boer, vertolk deur Ewan Fourie, wil ontslae raak van die plae, maar sy dogter Madelien, vertolk deur Animie van Rooyen, het die plae bevriend en sukkel om haar pa se besluit te aanvaar. Roddy Alberts, wat die rol van Madelien se boetie, Jantjie vertolk het, kom tot haar redding wanneer hy die gif wat vir bespuiting gebruik moes word, met kalk vervang. Die blyspel sluit op ‘n hoogtepunt af met die koms van reën op die plaas en Jan se aanvaarding van die diere, insekte en rotte wat op sy plaas woon.

Annemarie Fourie van Pretoria het die oorspronklike produksie geskryf en het toegestem dat Steelpoort Akademie die konsert mag opvoer. Dele van die storielyn is wel herskryf sodat die produksie op ‘n plaas in Steelpoort kon afspeel om ‘n gemeenskapsgevoel te skep.

Die skoolsaal was elke aand stampvol met besoekers. Die skool het hul dank betuig aan die gemeenskap, besighede en ouers vir die maak van kostuums en grimering van die leerlinge asook die dekor op die verhoog en in die saal.

Selfs die hoof, mnr. Anton Alberts en sy personeel was ook deel van die blyspel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button