Jongelinge en gesinne geniet ‘n dag van pret en plesier by skool
Daar was heerlike kosstalletjies en die kleingoed kon op waterglybane en springkastele baljaar terwyl hul ouers onder die koeltebome kon ontspan en koue bederfies geniet.
BURGERSFORT – Waterval CVO Preprimêr het op September 26 ‘n heerlike dag vol pret en plesier vir die hele gesin gebied.
‘n Bergfietskompetisie het reeds om 07:00 begin toe verskeie afstande gery is. Daar was heerlike kosstalletjies en die kleingoed kon op waterglybane en springkastele baljaar terwyl hul ouers onder die koeltebome kon ontspan en koue bederfies geniet.
Ronnie die Renoster se vertoning was die hoogtepunt van die dag. Die vertoning speel af waar Ronnie uit die wildtuin geneem en in ‘n bewaringsgebied geplaas is. Daar ontmoet hy twee wildbewaarders, Riki en Jess, wat sy maatjies geword het. Jess en Riki, saam met Ronnie die Renoster het interaktiewe liedjies gesing waar kinders van natuurbewaring, waardes en omgee vir mekaar, bewus gemaak is.



