Marloth se heining met Kruger geknip
Die gebied en sy inwoners was Dinsdag in rep en roer na ‘n berig op WhatsApp oor die ontdekking vroegoggend van een van die inwoners, dat die elektriese heing teen die rivier gesny was.
MARLOTHPARK – Die gebied en sy inwoners was Dinsdag in rep en roer na ‘n berig op WhatsApp oor die ontdekking vroegoggend van een van die inwoners, dat die elektriese heing teen die rivier gesny was.
Mnr. Jan Koekemoer het tydens sy gereelde fietsrysessie op die gat in die heining afgekom en boodskappe op WhatsApp uitgestuur. Daar was ook onbevestigde berigte van twee geweerskote wat gehoor is. Die gat was sowat ‘n 100 meter stroomaf van Twin Trees.
Koekemoer het dadelik met die veldwagters in die Nasionale Krugerwildtuin kontak gemaak. Hulle was flink op die toneel en die draad is onmiddellik herstel.
Inwoners van Marlothpark is weereens versoek om geen inligting oor die teenwoordigheid van renosters op sosiale media bekend te maak nie. Die vrees bestaan dat stropers ook van hierdie inligting gebruik kan maak.
Die mense word ook versoek om paraat te wees. Enige ongerymdhede moet aan die aan die LEO-eenheid aangemeld word. Hierdie opgeleide span is met sekere wetstoepassingsfunksies bemagtig om korrek op te tree.
Verder kan die inwoners ook die onderskeie veiligheidsondernemings wat in Marlothpark bedrywig is, kontak. Hier ook is sekere noodnommers wat inwoners in geval van nood kan skakel.
Noodnommers vir Marlothpark: Diereaangeleenthede by 082-802- 5894, SANParke se noodnommers: 013-735-5516/076-801-9679 LEO’s (slegs vir Marlothpark): 076-141-0458; brand: 082-806-1611; dokter: 013-793-7306/083-459-4870 en Netcare: 082-911.
Mediese nood gedurende publieke vakansiedae en naweke: Jacques van Zyl by 072-848-4460 of 072-632-6340; slangbyte: dr. Mel Stronkhorst by 013-793-7306/083-459-4870; Field Security by 082-828-1043; Securicon Lowveld by 082-567-2350/0861-111-728; WA en Genote Security by 072-481-9053; gebarste pype: Sam by 078-803-9965; slangverwydering: John Webb by 079-778-5359, John Webber by 071-480-6453, of Daniel Louw by 082-574-0186; elektrisiteitsbystandnommer: 082-888-2561.