CrimeHard newsLocal newsNewsNews

Ses gewapende mans steeds soek na aanval

"Maak geen fout nie, van nou af gaan ons die f**kers vrek skiet," het die slagoffer se broer Maandagnag aan Barberton Times gesê.

Die Witrivierse Honde-eenheid het tot Dinsdagoggend vroeg na ses gewapende mans gesoek wat vir ‘n plaasaanval naby Snymansbult verantwoordelik was.

Die ses het Maandag omstreeks 20:00 ongemagtigde toegang tot ‘n plaas verkry nadat hulle onder andere die wildheining geknip het.

Barberton Times Maandagaand het met die slagoffer (31) se broer (36) gepraat. Volgens hom het sy broer en dié se vriendin net op die bank gaan sit om televisie te kyk, toe ses mans die huis binnegekom het. Vyf van hulle het vuurwapens gehad en een ‘n bobbejaansleutel. Een van die mans het by die deur bly staan. ‘n Ander het sy vuurwapen teen die slagoffer, wat op die bank gelê het, se bors gedruk en herhaaldelik aan hom gesê: “Lay down, lay down. Keep quiet!”

Die man vertel dat sy broer besluit het om nie stil te lê nie en begin het om terug te baklei. Die een booswig met die bobbejaansleutel het hom daarmee bygedam en sy broer se gesig het ernstige beserings opgedoen.

Die ander mans, wat tydens die insident in en uit die huis beweeg het, het aan die geveg begin meedoen. Gedurende die bakleiery het die magasyn van een van die wapens uitgeval en die vrou het weggekom en haarself in die badkamer gaan toesluit. Sy het die vrou (30) van die broer gebel. Die huise is ongeveer 10 meter van mekaar af.

Die ses het op die vlug geslaan. ‘n Selfoon wat hulle gebuit het, is later nie ver van die huis af naby die skuur gevind. Die slagoffer het dadelik sy vuurwapen gaan haal en waarskuwingskote afgevuur.
Hy is later deur paramedici na Mediclinic Barberton geneem waar hy behandel is.

“Baie dankie aan al die boere in die gemeenskap wat vinnig op die toneel was, asook aan die stasiebevelvoerder, kol. Sunbright Ndlovu, Hi-Tech en veral Witrivier se Honde-eenheid.”
Hierdie eenheid het tot net voor 02:00 die gebied gefynkam en die spoor tot anderkant die teerpad, ongeveer 1,5 kilometer vanaf die plaas, gevolg.

“Maak geen fout nie, van nou af gaan ons die f**kers vrek skiet,” het die slagoffer se broer Maandagnag aan Barberton Times gesê. Hy het ook gesê dat almal ‘n plan moet hê. Ons vroue weet hulle moet hulself in die badkamer toesluit indien iets gebeur en hulle kan wegkom. Die soektog is Dinsdagoggend voortgesit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button