EntertainmentFeaturesLifestyleLocal newsNewsNewsPeople

Radio Kalahari Orkes sorg vir topgehalte vermaak

Een van die groot trekpleisters van die De Ark Kunstefees was beslis weer die Radio Kalahari Orkes (RKO).

LYDENBURG – Een van die groot trekpleisters van die De Ark Kunstefees was beslis weer die Radio Kalahari Orkes (RKO).

Die groep het toeskouers met hul op-en-wakkermusiek en voetstamptreffers bekoor.

Die orkes bestaan uit die talentvolle Ian Roberts, Bradley Cooper, Barry Steenkamp, Wynand Dave, Friso Woudstra en Alicia van Dyk en toer regoor die land en ook in Europa.

Hulle klanke is ‘n versameling van rock & roll, boeremusiek, Latyns, jazz en Afrikana wat elke musiekgenre saamsnoer vir onvergeetlike treffers met instrumente soos kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, viool en tromme.

Roberts en sy orkes was weer meesters van die verhoog by vanjaar se kunstefees en was een van die mees suksesvolle optredes.

Benewens vir die RKO, is Roberts ook ‘n akteur en toneelskrywer. Wat min mense egter weet, is dat sy moedertaal eintlik Engels is, maar hy praat vlot Afrikaans en ook Xhosa.

Hy het die hoofrol in Afrikaanse televisiereekse soos Sloet Steenkamp in Arende en Jack Degenaar in Arsenaal gespeel. Hy het ook ‘n aantal draaiboeke, soos Honeytown 1 en die musiekblyspele Palang van Dwaal geskryf.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button