Maak iemand se Kerstyd spesiaal
Met die naderende Kerstyd, beplan Steelburger/Lydenburg Nuus en Pam Golding Eiendomme 'n volgende Street Store-geleentheid vir Vrydag 6 November.

LYDENBURG – Met die naderende Kerstyd, beplan Steelburger/Lydenburg Nuus en Pam Golding Eiendomme ‘n volgende Street Store-geleentheid vir Vrydag 6 November.
Soos die vorige keer, wil ons graag aan minderbevoorregtes die geleentheid gee om te “koop sonder geld” – om te kan kies wat hulle nodig het uit skenkings uit die gemeenskap. Ons doen daarom ‘n beroep op mense wat kasskoonmaak om klerasie, beddegoed en nie-bederfbare voedsel te kom aflaai by die Steelburger/Lydenburg Nuus of Pam Golding se kantore. Kinderklere, speelgoed en geskenkies wat vir Kersfees uitgedeel kan word, is ook welkom.
Die gemeenskap kan ook help deur name en adresse van hawelose mense by een van die twee instansies in te gee – indien moontlik met inligting oor spesifieke behoeftes.
Die gedagte is om hierdie keer die ontvangers te besoek en Kersvader te speel.
Vir meer inligting, skakel Pam Golding by 013-235-1146 of besoek die kantoor op die hoek van Jansen- en Viljoenstraat, of die koerant in Viljoenstraat of skakel 013-235-4459.

