CrimeHard newsNewsNews

Vermeende stropingsindikaat: beroerte lei tot uitstel van verhoor

Mnr. Gert Lund kon weens sy siektetoestand nie in die Nelspruit Streekshof verskyn nie.

MBOMBELA – Die verhoor van mnr. Gert Lund, ‘n vermeende middelman in ‘n renosterstropingsindikaat, kon nie Woensdag in die Nelspruit Streekshof voortgaan nie omdat hy ‘n beroerte gehad het. Die datum vir sy volgende hofverskyning is nog nie bekend nie.

Lund en mnre. Goodman Mahlalela en Vincent Njunguna is tussen 2009 en 2010 saam met vyf ander verdagtes as sleutelrolspelers in die pleeg van grootskaalse georganiseerde renosterstropery geïdentifiseer.

Laevelder het vroeër berig dat nege witrenosters in daardie tyd in die Nasionale Krugerwildtuin en Lionspruit gestroop is. Ondersoeke deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die omgewingsmisdade-ondersoekeenheid (EIS), SANParke en die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap (MTPA) het daartoe gelei dat eers vermeende stropers en tóé die man wat hulle glo van wapens en ammunisie verskaf het, gearresteer is.

Die polisie het Mahlalela as een van die vermeende stropers geïdentifiseer en Lund was glo die verskaffer van wapens en ammunisie. Njunguna het glo gestroopte horings aan kopers verskaf.

Lund, Mahlalela en Njunguna sou Vrydag in die Nelspruit Streekshof vir die voortgaan van hul verhoor verskyn. Spesialis-staatsadvokaat me. Ansie Venter het aan Laevelder bevestig dat die saak uitgestel moes word weens Lund se toestand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button