CrimeHard newsNewsNews

Vrou by Spur gearresteer omdat sy glo nie vir drank kon betaal

'n Vrou is gisteraand by 'n gewilde restaurant in die stad gearresteer nadat sy glo etlike honderde rande se drank gedrink het en nie daarvoor kon betaal nie

‘n Vrou (35) is gisteraand by Arkansas Spur by West End gearresteer omdat sy na bewering nie haar drankrekening van bykans R500 kon betaal nie. Dit was glo nie die eerste keer wat sy by dié Spur gedrink het en nié kon betaal nie.

Haar naam is bekend aan Laevelder, maar word weerhou totdat sy in die hof verskyn het.

Arkansas Spur is ‘n kliënt van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit. Volgens die algemene bestuurder van Hi-Tech, mnr. Vernon Lancaster, is hulle omstreeks 20:30 na die restaurant ontbied.

“‘n Vroulike kliënt het bykans R475 se alkohol gedrink en kon glo nie die rekening betaal nie. Dit was na bewering nie die eerste keer wat sy hier gedrink het en nie kon betaal nie.”

Bossie’s Community Justice is ook na die toneel. “Sy was duidelik besope,” het mnr. Jacques Meiring by navraag gesê. “‘n Man het glo vir haar kos betaal, maar geweier om vir die drank ook te betaal.”

Die polisie het later opgedaag en daar is besluit om haar te arresteer en te laat aankla.

Nie een van die polisie se woordvoerders was beskikbaar om te sê of sy vandag in die hof sou verskyn en op watter klagtes nie.

Ene Terrence wat tans diens doen as bestuurder by Arkansas Spur, het by navraag gesê dat hy nie veel kennis oor die voorval het nie. Hy het by sy toesighouer gaan navraag doen en dié wou ook nie kommentaar lewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button