CrimeHard newsLocal newsNewsNews

Marloth staan saam teen misdaad

'n Gesamentlike oefening van die polisie, sekerheids-ondernemings, die verkeersdiens en die stadsraad se wetstoepassingsafdeling, het verlede week goeie vrugte afgewerp

MARLOTHPARK – ‘n Gesamentlike oefening van die polisie, sekerheids-ondernemings, die verkeersdiens en die stadsraad se wetstoepassingsafdeling, het verlede week goeie vrugte afgewerp.

Die operasie het die toepassing van verkeerregulasie, sekerheidsondersoeke by die ingange na Marloth en die deursoek van motors en busse ingesluit. Talle verdagte blyplekke in die dorpie is ook deursoek.

Die optrede het vroegoggend begin en veral heelwat verbode immigrante is gevang en na die polisiestasie op Komatipoort geneem. Beslag is op onwettige vuurwapens gelê en ‘n verdagte is op ‘n klag van wildstropery in hegtenis geneem.

Die polisie sê dit is maar die begin van sulke gesamentlike optrede en gereelde optredes van dié aard kan selfs in die feesgety verwag word. Inwoners en besoekers is weer gemaan om die reëls na te kom. Dit is ook van toepassing op die spesiale bywette wat hier geld, soos spoedbeperkinge en die speel van harde musiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button