CrimeEditor's choiceNewsNews

Bestuurder werk kwyt na swak bestuursvernuf

Die foto’s het ondermeer op die Facebook-groep Laevelder verskyn en heelwat kommentaar uitgelok. Die foto’s wys ook duidelik die ertsvragvoertuig se nommerplaat en kentelen van Ngululu Bulk Carriers wat vanaf Steelpoort bedryf word.

STEELPOORT – ‘n Vragmotorbestuurder is van sy pos onthef en van agter die stuurwiel verwyder na fotos op  sosiale media wat wys hoe hy eergister  ‘n petroltekwa op ‘n dubbelsperstreep op die Longtompas op ‘n doodsveragtende wyse verbysgesteek het.

Die foto’s het ondermeer op die Facebook-groep Laevelder verskyn en heelwat kommentaar uitgelok. Die foto’s wys ook duidelik  die ertsvragvoertuig se nommerplaat en kentelen van Ngululu Bulk Carriers wat vanaf Steelpoort bedryf word.

Ofskoon die hoofuitvoerende-amptenaar van die onderneming, mnr. Freddie Sinthumule die enigste is wat met die media mag praat, wou hy nog nie bevestig watter optrede daar teen die bestuurder was nie. Hy is wel deeglik bewus van die voorval.

Steelburger/Lydenburg Nuus het ook op goeie gesag verneem dat die onderneming baie streng opgetree het die oomblik toe die voorval onder hulle aandag gekom het. Die bestuurder is onmiddelik uit sy posisie verwyder en maatreëls is in werking gestel op intern met sy beweerde oortreding te handel.

Ondersoekers by Ngululu Bulk Carries was ook met die brandstofverspreider Engen in kontak om die voorval met daardie vragmotorbestuurder uit te klaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button