CrimeHard newsNewsNews

Verhoorafwagtende ontsnap in wildtuin

Die gevangenes was besig om agter uit die voertuig te klim toe een van hulle, mnr. Fazenda David Ubisi (30) 'n polisiekonstabel gestamp en weggehardloop het

SKUKUZA – ‘n Verhoorafwagtende het Dinsdagmiddag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) ontsnap kort nadat die polisie met hom daar stilgehou het.

Hy sou die volgende dag in die hof verskyn nadat hy in Augustus in die wildtuin aangekeer is toe hy vermoedelik renosters wou stroop.

Die rondgaande hof sit elke Woensdag in Skukuza. Volgens provinsiale polisiewoordvoerder sers. Gerald Sidebe, het die polisie laat Dinsdagmiddag gevangenes vanaf die gevangenis in Mbombela na Skukuza geneem vir die volgende dag se hofverskyning. Laevelder het verneem dat daar sowat 10 van hulle in die voertuig was.

Die polisiestasie, hof en aanhoudingselle is op een perseel op Skukuza. Die polisie het omstreeks 18:15 hier gestop. Die gevangenes was besig om agter uit die voertuig te klim toe een van hulle, mnr. Fazenda David Ubisi (30) ‘n polisiekonstabel gestamp en weggehardloop het.

Hy is agternagesit, maar het weggekom. ‘n Helikopter het ook kort hierna opgestyg om te kyk of hulle nie Ubisi vanuit die lug kon gewaar nie, maar dit was vergeefs.

Ubisi is in Augustus in die wildtuin gearresteer vir beweerde betreding, asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button