Editor's choiceHard newsLocal newsNewsNews

Katte word haweloos gelaat nadat inwoner uit spoorweghuis trek

Vier katte is sedert 6 Desember haweloos nadat 'n inwoner van een van die spoorweghuise verhuis en hulle agtergelaat het

BURGERSFORT – Vier katte is sedert 6 Desember haweloos nadat ‘n inwoner van een van die spoorweghuise verhuis en hulle agtergelaat het.

Volgens een van die huidige inwoners het me. Nicky Crause omtrent twee weke gelede getrek en haar katte net so gelos.

“Niemand het geweet dat sy sou trek nie. Sy het ons ook nie gevra om na haar katte om te sien nadat sy weg is nie. Ek gaan gee elke dag vir hulle kos, maar dit kos my heelwat. Die katte is baie goed versorg en weet dat hulle daar woon. Dit dui duidelik aan dat hulle aan haar behoort het. Hulle woon tans in die erf van die leë huis en mens kan sien hulle verstaan nie wat aangaan nie. Nuwe inwoners gaan volgende Maandag daar intrek en volgens hulle gaan hulle honde die katte doodbyt,” vertel die inwoner.

Die inwoner voeg ook by dat Crause geen kontakbesonderhede gelaat het indien hulle haar sou wou skakel nie.

Steelburger/Lydenburg Nuus het met Crause op Facebook in aanraking gekom, maar geen reaksie van haar ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button