CompetitionsEditor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNewsPeople

Skoonmaak nou ‘n plesier vir gelukkige wenner

Chantelle vertel dat sy op 3 November aan die kompetisie deelgeneem het, maar nooit kon raai dat sy sou wen nie

BURGERSFORT – Chantelle Weber hoef vir die aansienlike toekoms nie skoonmaakmiddels te koop nie. Sy is die wenner van MAQ-skoonmaakmiddels se SMS-kompetisie.

Chantelle vertel dat sy op 3 November aan die kompetisie deelgeneem het, maar nooit kon raai dat sy sou wen nie.

“Verlede Maandag het ek ‘n boodskap ontvang dat ek die kompetisie gewen het. ‘n Rukkie later het twee MAQ-voertuie by my werk gestop om die prys af te lewer. Ek was omtrent stomgeslaan omdat ek verwag het dat my prys gepos sou word.”

Sy voeg by dat MAQ ‘n ophef van die aflewering gemaak het, selfs hul geluk-bringer was teenwoordig. Chantelle het ook ‘n oorpak gewen en moes dit aantrek toe hulle haar prys oorhandig, wat verskeie MAQ-skoonmaakmiddels ingesluit het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button