Community galleriesEditor's choiceEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsSchoolsSchools galleries

Burgies ruil skoolskoene in vir dansskoene by sokkie

Die sokkie is vir senior leerlinge gehou en die platejoggie het heel aand versoeke vir liedjies gespeel om die jong klomp se energie op die dansbaan te toets

BURGERSFORT – Burgies het verlede Vrydag hul skoolskoene vir dansskoene verruil tydens hulle eerste skoolsokkie van die jaar.

Die sokkie is vir senior leerlinge gehou en die platejoggie het heel aand versoeke vir liedjies gespeel om die jong klomp se energie op die dansbaan te toets.

Teen 19:00 was daar geen sprake meer van skaam wees nie en die jong paartjies het begin langarm. Die onderwysers het toesig gehou om die leerlinge se veiligheid te verseker.

Volgens mnr. Dirk Engelbrecht, was die sokkie ‘n gulde geleentheid om die jaar op ‘n goeie noot te begin.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button