NewsNews

Nuwe lewe in die Tin Shack

Hier het sy toe die liefde van haar lewe, Arnoux Delport ontmoet. Sy erken speels dat sy nou in haar happy place is.

Zuleka Malan is in Polokwane gebore en getoë. Ná haar skoolloopbaan het sy na Pretoria verhuis waar sy ‘n pos as regsassistent aanvaar het.

Toe sy die eerste keer in Marlothpark gekom het, het sy verlief geraak op die plek en geweet dat sy eendag hier wil kom woon en werk. Sy het in 2010 Nelspruit toe getrek en in 2013 permanent na Marlothpark verhuis.

Hier het sy toe die liefde van haar lewe, Arnoux Delport ontmoet. Sy erken speels dat sy nou in haar happy place is.

Die vorige eienaar van die Tin Shack het Zuleka genader om dit oor te neem. Nadat sy daaroor besin het, het sy geweet dit is wat sy wil doen. Die Tin Shack is herdoop na die Tin Shack Café en die deure is op 5 Februarie heropen.

‘n Nuwe sjef met 30 jaar se ondervinding is ook aangestel.

Dié veelsydige sjef en persoon, is Helena Roets. Helena het in die parlement begin kos maak en onder andere by Bundu Lodge in Mbombela, Casambo Lodge in Witrivier en Balcony Manor Guest House in die hoofstad gewerk. Die ander personeel bestaan uit: Paul Hiebya (kelner), Ntombi wat sedert 2012 daar werksaam is, assistentsjef Nondo en kombuisassistent en algemene werker, Nelson.

Zuleka en Helena beoog om die Tin Shack Café na nuwe hoogtes te neem. Helena het dit sterk beklemtoon dat die kwaliteit en kwantiteit van die kos vir haar van die grootste belang is. Hulle beywer hulle om klante gehalte en waarde vir hulle geld te bied.

Goeie nuus vir al die banters in Marlothpark is, is dat daar ‘n Banting-ontbyt op die spyskaart sal wees. Aan die goeie nuus is daar geen einde nie.

Die permanente inwoners en pensionarisse kry ook ‘n beurt en moet op die uitkyk wees vir spesiale aanbiedinge.

Die Tin Shack Café het ‘n spesiale aanbieding vir die Onderberg-paartjies. Dit begin vanaf 07:00 Vrydag en sal voortduur tot Sondag 15:00.

Vir besprekings en navrae, skakel Zuleka

by 072-119-4035 of 013-792-4816

Maandag tot Vrydag – 07:00 tot 20:30

Saterdag – 08:00 tot 20:30 (Kombuis neem laaste bestelling) – kuier tot laat.

Sondag – 09:00 tot 15:30 (Kombuis neem laaste bestelling).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button