Local newsLocal sportNewsNewsSchool sportSchoolsSport

Ses bestes op pad na ASA’s

Ses atlete van Hoërskool Lydenburg sal Mpumalanga in die 2016 Atletiek Suid-Afrika (ASA's) skole-atletiekkampioenskappe in Germiston en Bloemfontein verteenwoordig.

LYDENBURG – Ses atlete van Hoërskool Lydenburg sal Mpumalanga in die 2016 Atletiek Suid-Afrika (ASA’s) skole-atletiekkampioenskappe in Germiston en Bloemfontein verteenwoordig.

Die atlete het vir hierdie gesogte kampioenskappe gekwalifiseer toe hulle op 5 Maart teen atlete van ander skole in die Mpumalanga-atletiekkampioenskap in Secunda deelgeneem het.

Isak Beytell, het ‘n goue medalje in die o/18, 100m-hekkies behaal toe hy in ‘n tyd van 14,84m die bestaande rekord kafgedraf het. Die vorige rekordtyd was 15,24m.

Hy het gekwalifiseer om Mpumalanga gedurende die SA’s in Germiston en Bloemfontein te verteenwoordig. Johan Nel het ‘n silwermedalje ingepalm vir sy tweede plek in die o/15 300m-hekkies.

Hy het ook ‘n vierde plek in die 100m-hekkies behaal. Hy kwalifiseer om aan die 100 en 300m-hekkies wedlope in Germiston (ASA’s) deel te neem.

Dilani Grobler het ‘n bronsmedalje in vir die 300 m- hekkies ingepalm en kwalifiseer om aan die ASA’s in Germiston deel te neem. Annerie du Toit, het met ‘n rekord en goue medalje in gewigstoot (14,05m) teruggekeer.

Sy het ook ‘n goue medalje in diskus, met ‘n afstand van 39,50m, verower en kwalifiseer vir gewigstoot- en diskus-deelname in Bloemfontein en Germiston.

Neo Letshabo het ‘n goue medalje losgehardloop in die 100m o/15 en het ‘n tweede algehele plek in dié naelloop behaal. Hy kwalifiseer om in Germiston aan die 100m deel te neem.

Diaan Lombard, het ‘n silwermedalje in die 400m-hekkies in ‘n tyd van 55:42 verwerf. Hy kwalifiseer hiermee om in die 400m sowel as die 110m-hekkies in Germiston en Bloemfontein deel te neem. Hierdie atlete was nie die enigstes wat in Secunda hul talente ten toon gestel het nie.

Naomi Nel, ‘n onderwyseres van Hoërskool Lydenburg het twee goue medaljes vir die 100 en 200 m naellope vir seniors verower.

Die ASA’s vind vanaf 16 tot 19 Maart in Bloemfontein plaas en vanaf 31 Maart tot 2 April in Germiston.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button