CrimeNewsNews

Gekaapte trok van Gauteng in Valencia opgespoor

Tussen BCJ, die polisie, Tracker en Netstar is die gesteelde trok in Mbombela opgespoor.

‘n Trok wat in Gauteng gekaap is, is Dinsdagmiddag in Mbombela teruggevind.

Mnr. Albert Greyvenstein van Bossies Community Justice (BCJ) sê dit was alles te danke aan die Tracker-opsporingseenheid wat in BCJ se operasionele voertuig geïnstalleer is.

Greyvenstein het vertel dat hulle toevallig die sein van die trok opgetel het, en dit gevolg het.

Dit is verlaat op die N4 net buite Valencia aangetref.

Mnr. Johan Nieuwenhuizen van Tracker sê sovêr sy kennis strek het die verdagtes die trokbestuurder aanvanklik vir ‘n onbepaalde tyd gevangene gehou om te verhinder dat hy alarm kon maak.

Hy is later vrygelaat en was in staat om die trok se sein te laat aktiveer.

Daar is bepaal dat die voertuig in die omgewing van Mbombela was, en die polisie is daarvan verwittig.

Hierdie radiofrekwensie is toe uitgestuur en voertuie, soos BCJ s’n kon dit optel om die trok op te spoor.

Greyvenstein het bygevoeg dat van die vrag op die trok gesteel is. Die paneelbord is ook beskadig, na vermoede om die opsporingstelsel te probeer opspoor.

Tracker, Netstar en die polisie se blitspatrollie was kort BCJ se hulle hakke op die toneel. Die polisie sou op die trok beslag gelê het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button