CrimeHard newsNewsNews

Skofbase se argument in kroeg lei na een se dood

Volgens wat Barberton Times kon vasstel, was Neethling klaarblyklik betrokke in 'n liefdesdriehoek wat Cornelius se vrou, Charmian ingesluit het.

Barbertonners is diep geskok oor ‘n voorval wat Saterdag in die vroeë oggendure by die kroeg, 18 On Sheba, plaasgevind het.

Louis Stephanus Neethling (54), ‘n skofbaas by Sheba-myn, het gesterf nadat hy drie maal met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

Anthony Cornelius (56), alom bekend as Ghoena, ‘n skofbaas by Fairview-myn, is na die voorval gearresteer.
Volgens wat Barberton Times kon vasstel, was Neethling klaarblyklik betrokke in ‘n liefdesdriehoek wat Cornelius se vrou, Charmian ingesluit het.

Volgens sers. Tutu Nkosi van Barberton SAPD, het ‘n struweling tussen die twee mans ontstaan wat in die kombuis van die kroeg geëindig en klaarblyklik Neethling se dood tot gevolg gehad het. Die wapen is nog nie gevind nie.

Cornelius het Maandag in die landdroshof op aanklag van manslag verskyn.
Hy is borgtog van R2 000 toegestaan.

Die saak is tot 31 Mei uitgestel en word deur Barberton SAPD ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button